Translate

Monday, February 12, 2018

Nikolaas Kende & Jolente de Maeyer


Op Sondagmiddag 4 Februarie het die Stilbaai musiekliefhebbers die voorreg gehad om na twee besondere begaafde jong musikante uit België te luister - Nikolaas Kende, klavier,  en sy vrou Jolente, viool. Die twee is staande toegejuig deur die entoesiatiese en waarderende gehoor. Die onderstaande brief van een van ons lede, sê alles!

My Word! Fancy hitting the jackpot twice in a row – certainly as far as I am concerned! What appealed to me so much was the fact that the programme was beautifully arranged with substantial works worthy of engaging the listener rather than the pretty ‘party pieces’ in which some musicians feel may be suitable for a local audience.
              The two artists certainly know a thing or two about packaging a recital. Starting with a Mendelssohn Sonata with a plethora of engaging melodies is typical of Mendelssohn who, himself, explained that his life and lifestyle was such that he had no need to enter the realms of ‘Sturm und Drang’ (Storm and Stress) which many other composers used to express intensity of emotion – notably Beethoven.
              Then came a charming Romanza by Lodewijk Mortelmans (passionate about Belgian music) to prepare us for what was to come during the second half of the recital.
              Then came one of the great works for violin and piano by Beethoven referred to as the Kreutzer Sonata. The last one he wrote for violin and piano and one in which Beethoven himself stated that it was composed to be rather like a violin concerto and we were certainly treated to an astonishing performance of immense difficulty. I wondered if everyone noted that the pianist played the whole work without referring to the score but all from memory. I was blown way as I realised that!
              So well done Stilbaai Music Society for presenting another stunning and worthwhile recital by two consummate artists.
Kind regards
John Stonier

Wednesday, January 17, 2018

Schubertiade

n Program van Duitse kunsliedere is op Sondag 3 Desember 2018 deur 'n groep kunstenaars uit George in Stilbaai aangebied.

Elizabeth Potgieter, (sopraan), Heinrich Jonck (tenoor), Dalene Brits (klavier) en Elize Munro (klarinet) was die musikante wat die program van Schubert liedere voorgedra het.

The program depicted four themes: Nature, water, love, and eventide. In every theme there were exceptional songs either because of  the feeling and atmosphere they created, or for sensitive rendering thereof by the singers.

Nature: "Der Musensohn" was a lively, cheerful song about the advent of spring, admirably sang by the tenor and highly appreciated by the audience. "Im Frühling", sung by Elizabeth was likewise a chirpy song - (like a little bird I would like to sing all summer long) - which suited her voice extremely well.

Water, see en meer: "Auf dem Wasser zu singen" - soos swane gly die bootjie op die meer ... en so ook my gees. Met hierdie pragtige lied het die sangers gewys waartoe hulle in staat is - tegnies uitstekend en beheersd! Die begeleiding is hier iets besonders waar die fyn nootjies die beweging van die water uitbeeld.  Die immergroen "Die Forelle", gesing deur die sopraan was 'n treffer en "Am See" het verras deurdat die tenoor die lied afsluit in falsetto!

Liefde: "Der Hirt auf dem Felsen" begin met n dramatiese klavier inleiding gevolg deur die nostalgiese klanke van die klarinet. Hier het Elize hààr tegniese vaardigheid kon wys.  Weereens was dit met groot entoesiasme deur die gehoor ontvang.

Eventide: here the song that moved us most was "Nacht und Träume" which as the title suggests, was a sad, nostalgic song beautifully interpreted by Heinrich Jonck.  Keep him in mind - he is a very talented young singer as this extract from a letter from one of our staunch members, John Stonier, suggests: " What I particularly enjoyed was Jonck’s presentation of the lieder allocated to him. He seems to be one of those people who sings ‘with his whole body’. So often one sees singers standing with arms at the side and doing nothing more than open their mouths but he had the capacity to inject into his singing something more than merely using his vocal cords. "

Simpatieke begeleiding en uitsonderlike asembeheer deur die sangers het hierdie konsert werklik iets besonders gemaak. 

Thursday, November 9, 2017

Suid-Kaap Kinderkoor sing hulle harte uit!


Die besoek van die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor aan Stilbaai was 'n besondere genotvolle geleentheid. Die groep bestaan sedert 1996 en het in Europa al groot bekendheid verwerf. In 2016 het hulle die eerste plek verower Cum Laude in die 64ste Musiekfees vir Jongmense. wat in Neerpelt, België, gehou is. Die 55 koorlede o.l.v Jan Erik Swart, het n punteltelling van 90-96% in die mees ervare vlagskip-kinderkoor afdeling verower. Dit is wrklik n prestasie.

The program for the evening was well balanced and consisted of works that ranged from Nkosi Sikelel' iAfrica to Mozart and Malotte. Gebed  (Koos du Plessis) and Karoonag (Coenie de Villiers) were evergreen favourites. Ethnic songs as well as Thembaletho township dances and a gumboot dance were very well recieved.


Die groep  is werklik goed afgerig en selfs sonder die dirigent voor hulle, was hulle voordrag goed en gevul met besondere oorgawe. Die koorklanke was oor die algemeen mooi, ryk en vol, veral die van die ouer dogters! Die groot variasie in musiek en klanke was verfrissend. 'n Mens kon sien dat die kinders die optrede ten volle geniet en hulle entoesiasme het beslis tot die sukses van die aand bygdra. Die keuse van musiek was van so n aard dat oud en jonk die program geniet het.

Volgens Jan-Erik Swart lê die geheim van die Suid-Kaap Kinderkoor daarin dat jong mense van alle gemeenskappe van die Suid-Kaap die geleentheid gegun word om as internasionale kunstenaars erkenning vir hul talent te ontvang, en presteer hulle tot die beste van hul vermoëns omdat hulle ondersteuning en erkenning ontvang wat nie in die huidige onderwysstelsel beskikbaar is nie.

Ons hou graag die koor dop en volg hulle optredes met aandag. In 2018 word die Olimpiese Spele van Koormusiek, die 10e Wêreldkoorspele, in Pretoria aangebied en die SKKK gaan in drie kategorieë deelneem. Ons wens hulle die beste toe met hierdie nuwe uitdaging. Hulle is tog ons streek se beste uitvoerproduk.

Palissander Kamerkoor uit Pretoria tree op in Stilbaai 28 Augustus 2017

Die Kaapse Feestoer om hulle 25ste bestaan te vier, het die Palissander Kamerkoor weer gelei na Stilbaai. Wat n voorreg was dit om hulle weer hier te ontvang.
Palissander Kamerkoor

The choir was formed in 1992 and is still under the brilliant leadership of Sarita Hauptfleisch. They have performed to great acclaim in Canada, Norway, Denmark, Kenya, Italy, France, Germany and Spain. Since 2004 they have performed concerts with serious underlying themes ranging from Peace, Democracy and Tolerance, to Respect for the earth. The theme orientated approach enables an extremely diverse repertoire to be drawn together. This year's theme is "Flying free" and the focus being how music touches the soul and stays with us throughout our lives. Let us fly free and live life to the full!

Die koor bestaan uit 29 lede, 7 in elke stemgroep. Die program was meestal onbekend en in dieselfde styl, maar interessant genoeg, dikwels in vreemde tale gesing - van Japanees tot Latyn! Die klank van die koor is besonders - ryk, en kleurvol met veral die mansstemme wat beïndruk het. Dit is duidelik dat Sarita se entoesiasme aansteeklik is want elke lid van die koor is deurgaans ten volle betrokke by elke noot!

Die boodskap:"Luister met oop ore en kyk met oplettende oë. - Ek dank U Heer." Dit was werklik 'n sielservaring. 



Twee jong musikante besoek Stilbaai

$ Augustus 2017: Twee besondere musikante elkeen meester van sy vak en uitvoerende kunstenaars by uitstek!!!
 
Megan-Geoffrey-Prins - klavier
Megan-Geoffrey Prins van Riversdal het sy konsert-debuut gemaak op die ouderdom van 11 jaar. Op 14-jarige ouderdom het hy reeds saam met al die groot orkeste in die RSA opgetree. Hy studeer aan Stellenbosch Universiteit, wen talle toekennings in die wêreld en reis in Italië, Frankryk, Switserland, Mozambiek en Suid-Afrika vir solo-uitvoerings.
Hy studeer tans aan die Cleveland Musiek Instituut in Amerika waar hy onlangs sy Meestersgraad in klavier by Anton Pompabaldi verwerf het en is nou n kandidaat by dieselfde Instiruur vir sy Doktorsgraad. Sy besondere tegniese vaardighede sowel as sensitiewe innoverende interpretasie dra by tot sy besondere vertolkings.

Joachim Müller-Crepon - tjello

Jochim Müller-Crepon, gebore in Switserland, het op die ouderdom van 5 in die Skool vir Musiek in Zurich begin met tjello-lesse. Hy was ook lid van die Zurich-seunskoor waar hy as solis opgetree het en selfs in Mozart se opera "Die Towerfluit" as solis deelgeneem het. Hy woon verskeie meestersklasse by en wen ook n hele aantal nasionale en internasionale kompetisies.
Van 2009 to 2011 studeer hy aan die Stellenbosch Universiteit en dis hier waar hy en Megan-Geoffrey mekaar ontmoet het en saam begin optree het. Hy studeer tans in Basel aan die Musiek Akademie en is ook sedert 2015 die vaste tjellis van die Acanthus Kwartet in Switserland.

Vir die konsert in Stilbaai kon hulle nie vooraf saam oefen nie - elkeen het op hul eie die stukke instudeer en toe saam opgetree!!! Dit verg besondere talent en aanvoeling vir mekaar en vir die musiek wat hulle aangebied het. Hulle het dan ook besondere vertolkings van die drie stukke op die program gelewer.:
Poulenc - Tjello Sonata
Dvorak - Rondo vir tjello en klavier
Chopin - Sonata vir klavier en tjello
Die Poulenc is baie ritmes en gevoelvol vertolk terwyl die Chopin sterk gekontrasteer het met n romantiese, spelerige styl. Daarmee het hulle onomwonde bewys dat hulle die verskillende nuanses van musiek verstaan en kan weergee. Die toegifte, "Salut D'Amour" van Elgar  en Saint Saens se "Die Swaan' was met groot entoesiasme deur die gehoor ontvang.

Dit was voorwaar n aand vir die fynproewer.