Translate

Thursday, November 9, 2017

Suid-Kaap Kinderkoor sing hulle harte uit!


Die besoek van die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor aan Stilbaai was 'n besondere genotvolle geleentheid. Die groep bestaan sedert 1996 en het in Europa al groot bekendheid verwerf. In 2016 het hulle die eerste plek verower Cum Laude in die 64ste Musiekfees vir Jongmense. wat in Neerpelt, België, gehou is. Die 55 koorlede o.l.v Jan Erik Swart, het n punteltelling van 90-96% in die mees ervare vlagskip-kinderkoor afdeling verower. Dit is wrklik n prestasie.

The program for the evening was well balanced and consisted of works that ranged from Nkosi Sikelel' iAfrica to Mozart and Malotte. Gebed  (Koos du Plessis) and Karoonag (Coenie de Villiers) were evergreen favourites. Ethnic songs as well as Thembaletho township dances and a gumboot dance were very well recieved.


Die groep  is werklik goed afgerig en selfs sonder die dirigent voor hulle, was hulle voordrag goed en gevul met besondere oorgawe. Die koorklanke was oor die algemeen mooi, ryk en vol, veral die van die ouer dogters! Die groot variasie in musiek en klanke was verfrissend. 'n Mens kon sien dat die kinders die optrede ten volle geniet en hulle entoesiasme het beslis tot die sukses van die aand bygdra. Die keuse van musiek was van so n aard dat oud en jonk die program geniet het.

Volgens Jan-Erik Swart lê die geheim van die Suid-Kaap Kinderkoor daarin dat jong mense van alle gemeenskappe van die Suid-Kaap die geleentheid gegun word om as internasionale kunstenaars erkenning vir hul talent te ontvang, en presteer hulle tot die beste van hul vermoëns omdat hulle ondersteuning en erkenning ontvang wat nie in die huidige onderwysstelsel beskikbaar is nie.

Ons hou graag die koor dop en volg hulle optredes met aandag. In 2018 word die Olimpiese Spele van Koormusiek, die 10e Wêreldkoorspele, in Pretoria aangebied en die SKKK gaan in drie kategorieë deelneem. Ons wens hulle die beste toe met hierdie nuwe uitdaging. Hulle is tog ons streek se beste uitvoerproduk.

No comments: