Translate

Thursday, November 9, 2017

Twee jong musikante besoek Stilbaai

$ Augustus 2017: Twee besondere musikante elkeen meester van sy vak en uitvoerende kunstenaars by uitstek!!!
 
Megan-Geoffrey-Prins - klavier
Megan-Geoffrey Prins van Riversdal het sy konsert-debuut gemaak op die ouderdom van 11 jaar. Op 14-jarige ouderdom het hy reeds saam met al die groot orkeste in die RSA opgetree. Hy studeer aan Stellenbosch Universiteit, wen talle toekennings in die wêreld en reis in Italië, Frankryk, Switserland, Mozambiek en Suid-Afrika vir solo-uitvoerings.
Hy studeer tans aan die Cleveland Musiek Instituut in Amerika waar hy onlangs sy Meestersgraad in klavier by Anton Pompabaldi verwerf het en is nou n kandidaat by dieselfde Instiruur vir sy Doktorsgraad. Sy besondere tegniese vaardighede sowel as sensitiewe innoverende interpretasie dra by tot sy besondere vertolkings.

Joachim Müller-Crepon - tjello

Jochim Müller-Crepon, gebore in Switserland, het op die ouderdom van 5 in die Skool vir Musiek in Zurich begin met tjello-lesse. Hy was ook lid van die Zurich-seunskoor waar hy as solis opgetree het en selfs in Mozart se opera "Die Towerfluit" as solis deelgeneem het. Hy woon verskeie meestersklasse by en wen ook n hele aantal nasionale en internasionale kompetisies.
Van 2009 to 2011 studeer hy aan die Stellenbosch Universiteit en dis hier waar hy en Megan-Geoffrey mekaar ontmoet het en saam begin optree het. Hy studeer tans in Basel aan die Musiek Akademie en is ook sedert 2015 die vaste tjellis van die Acanthus Kwartet in Switserland.

Vir die konsert in Stilbaai kon hulle nie vooraf saam oefen nie - elkeen het op hul eie die stukke instudeer en toe saam opgetree!!! Dit verg besondere talent en aanvoeling vir mekaar en vir die musiek wat hulle aangebied het. Hulle het dan ook besondere vertolkings van die drie stukke op die program gelewer.:
Poulenc - Tjello Sonata
Dvorak - Rondo vir tjello en klavier
Chopin - Sonata vir klavier en tjello
Die Poulenc is baie ritmes en gevoelvol vertolk terwyl die Chopin sterk gekontrasteer het met n romantiese, spelerige styl. Daarmee het hulle onomwonde bewys dat hulle die verskillende nuanses van musiek verstaan en kan weergee. Die toegifte, "Salut D'Amour" van Elgar  en Saint Saens se "Die Swaan' was met groot entoesiasme deur die gehoor ontvang.

Dit was voorwaar n aand vir die fynproewer.




No comments: